Samantha Angula en Genevieve Ruiter, twee plaaslike dames het dit goedgedink om ‘n Adopt a Granny/Parent idee van stapel te stuur, om bejaardes met vriendskap en hoop te bestraal. Die twee raakvatters het saamgespan met Huis Harmonie, en beoog om ‘n vriendskapsband met die instelling te bewerkstellig, om waardering aan die inwoners te wys.
Daar is huidiglik vyftig inwoners by Huis Harmonie, waarvan 25 inwoners gebruik maak van volwasse weggooibare doeke, en dit is ook grotendeels een van die redes waarom Angula en Ruiter lewe geskenk het aan hierdie idee. Radio NFM se Gestremde en Bejaarde Sake programankers het vandag, 07 Desember 2022, kerswense gaan deel met die inwoners van Huis Harmonie op Bergsig.
Die program se ankers, Brunhild Strauss, Ricardo Kermis tesame met Inspirational Gospel se Raymond Vollmer beoog om hierdie Kersfeesvieringe aan die luisteraar te bring op die klankgolwe van NFM 98.1.
Vollmer het gister in ‘n onderhoud op die Hamba Khaya-bus met Dewald Rooi gespog oor die Kersete wat vir die persone met gestremdhede en bejaardes voorberei word.
Vollmer het ook sy diepe dank aan Samantha Angula en Genevieve uitgespreek, wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid. Die span beplan om alle borge behoorlik op die lug te bedank vir die hulp wat hulle aangebied het. Vollmer het in dieselfde asem ook ‘n beroep op die gemeenskapslede gedoen, om te help met die insameling van volwasse weggooibare doeke, ‘omdat die behoefte groot is by Huis Harmonie’.
Die Donateurs wat alles moontlik gemaak het  word met opregtheid bedank en hul bydraes word grootliks waardeer:
– Speaker: NDM Gillian Peters
– Eye Catchers
– Kwaailappies
– Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur
– Die personeel van die Namakwa Distriksmunisipaliteit
– Michelle Bennett
– Ben Simmelane
– Frans Fielding
– Auriel Engelbrect
– L&G Caters
– Whispering Palms Gastehuis

Samantha Angula het die volgende Foto’s Verskaf.

I(Inlas) Die Inwoners van Huis Harmonie

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *