Die Valke in die Noord-Kaap het hierdie week besoek afgelê in die Namakwa-distrik.
Die spesifieke misdade wat die Valke aanspreek, is onder meer, ernstige korrupsie binne die regeringsdepartemente en die private sector, asook ernstige georganiseerde misdaad.
Kaptein Tebogo Mthembe van die Valke se misdaadbekampingseenheid, vergesel deur die woordvoerder, Nomthandazo Mnisi en ander verteenwoordigers, het op 21 Februarie 2023, Okiep besoek.
Hulle het hul besoek afgeskop met ‘n kuier by die NCR TVET Kollege Namakwaland Kampus, en het student toegespreek oor die dienste wat hulle aanbied en wat hul werk behels. Die algehele doel van die besoek aan die Namakwa streek is om gemeenskappe in kennis te stel van die dienste wat hulle lewer, om by te dra tot die veiligheid van gemeenskappe, en om studente van werksgeleenthede binne die ondersoekdirektoraat te verwittig.
‘Ons wil hê mense moet van ons weet sowel as om met ons te kommunikeer’, het Kapt. Tebogo Mthembe tydens ’n onderhoud met Marsilino LaPont van Radio NFM laat hoor.
Die Valke het op 22 Februarie 2023 na Port Nolloth gegaan om die bewusmakingsveldtog voort te sit. Die span is gelei deur Brigadier Bosman en hulle het Sizamile- en Nollothvile-lokasies is besoek.
Die span het inligtingsessies met gemeenskappe van beide lokasies gehad voordat hulle ‘n motorstoet in beide plekke sowel as die dorp onderneem het.
Die gemeenskap was ook betrokke by die DPCI-mandaat en is vergewis van die loopbane wat die Valke binne die DPCI bied.
Klagtes is ook ontvang en erken, en sal na relevante afdelings verwys word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *