“Ek wil nie baie sê nie, wil net vir almal weereens baie dankie sê dat julle hierdie pad saam met ons stap en dankie vir gebede daagliks dis regtig great om te weet daars so baie mense wat vir ons en Nova bid,” het Clement de Wet gesê.
Baba Nova was gediagnoseer met ‘n spinale maskulêre atrofie tipe een.
Dit is basies ‘n spiersiekte het De Wet aan Radio Nfm Nuus vertel.
“Sy is veilig en lekker cosy terug by die huis en geniet elke oomblik na ‘n lang twee maande in die Kaap.”
de Wet sê die situasie kon vandag so anders gewees het en hy kan steeds nie dink hoe hul deur hierdie op en af wandel pad deurgekom het nie.
“Al wat ek weet is dat die Here dit vir ons soveel makliker gemaak het,” voeg hy met dankbaarheid by.
Vanaf Nova se geboorte tot haar diagnose van harde werk om R32 miljoen in te samel en daagliks baie eposse na organisasies gestuur wat moontlik kon help.
Dan word Nova se naam teen “all odds” getrek in ‘n lotery wat kinders se lewe kan verander, steeds is dit nog nie die einde van die pad om ‘n bietjie asem te skep.
“Van die 14 Desember tot 14 Februarie toe Nova die medikasie ontvang was regtig tough. Haar naam word getrek, maar Nova word baie siek en kan niks kry tot sy gesond is nie en ons sit weer in die hospitaal en bid kliphard. Nova wys ons weereens dat sy super is en kom daardeur,” vertel de Wet met ‘n slaag van verligting.
Hy noem dat hul situasie so baie anders kon gewees het, maar die Here het gesien hoe hul werk om Nova te red en nie net terug gesit en wag tot dinge uitspeel nie.
de Wet spreek sy dankbaarheid teenoor God uit vir nog ‘n kans, daarop bedank hy vir Vedanta Zinc International / Black Mountain Mining Complex, en Mnr. Moagi vir wyse woorde en raad wanneer hulle dit nodig gehad het.
Hulle support was altyd daar toe hulle tussen werk en die hospitaal en Nova se needs moes juggle.
Selfs spreek hy en sy gesin hul opregte dankbaarhied uit teenoor Radio Nfm en Bernadine Hearn dat hulle altyd daar was toe ons informasie oor Nova gehad het, of oor funksies wat sou afkom julle is Nommer 1.
Ons bid steeds en sê dankie vir almal regtig.
Die gesin gaan Woensdag, 01 Maart 2023, ‘n Dankseggingsdiens hou om net dankie vir die Here te sê vir Sy genade.





