Die ANC in die Namakwa- Distrik betreur die skielike heengaan van kameraad Deon Cecil Magerman, gebore en getoë in Concordia, Wyk 1.
Wyle Magerman was ten tyde van sy afsterwe ‘n senior bestuurder by Nama Khoi-Munisipaliteit.
Hy was ‘n gekwalifiseerde stadsbeplanner met ‘n Meestersgraad in sy vakgebied wat hy verwerf het by Pentech in Kaapstad.
‘n Goed opgevoede en baie ambisieuse leier van die samelewing.
“Pappa D, soos hy met liefde bekend gestaan het, was deur sy mede-kamerade ‘n opbetaalde lid met goeie aansien ten tyde van sy heengaan.”
Hy het vir twee termyne gedien as Tak-tesourier in die Johanna E Cloete Tak saam met senior lede, soos wyle Hendrik Visser en Michael Jonas.
Hy het deel gevorm van Takverkiesingstrukture onder leiding van kameraad Frankie Van Den Heever, Mary Peters, Martin Bezuidenhout en Yvonne Cloete.
Sy geloofsbriewe spreek vanself, aangesien hy deur die bestes gekoester is.
Magerman sal altyd onthou word as ‘n lojale en hardwerkende leier, wat gebore is op 1 Julie 1974, hy was diep gewortel en altyd bewus van sy opvoeding in Tweefontein, Concordia.
Hy sal baie gemis word deur sy mede kamerade en vriende.
Kommunikasie sal uitgestuur word oor sy ANC-gedenkdiens asook sy begrafnisreëlings.
Die Johanna E Cloete-tak sal sy familie besoek om hulde te bring en meegevoel te betuig.
Dankie
Vir meer inligting: Streeksekretaris
Alinda Beukes
Streekswoordvoerder: Bertie Saal
