Black Mountain Mine Complex in vennootskap met Africa Skills Private College ‘n gemeenskapsvaardigheidsontwikkelingsprogram geïmplementeer vir plaaslike werklose individue wat konstruksievaardighede wou aanleer.
Die program is in vier van die gasheergemeenskappe geïmplementeer naamlik Witbank, Pofadder, Pella en Onseepkans.
Altesaam 147 gemeenskapslede is ingeskryf en 101 het hul konstruksie kwalifikasie suksesvol verwerf.
Baie geluk aan die leerders wat hul sertifikate verwerf het. In die woorde van Pieter van Greunen: “Nou het jy die kaartjie na jou toekoms!” Vedanta Zinc International is daartoe verbind om sy gasheergemeenskappe op sy ontwikkelingsreis te neem.


