Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming het bestaans-, kleinboere- en swart kommersiële boere aangemoedig om aansoek te doen vir die omvattende Landbou-ondersteuning en Ilima/Letsema-toelaes.

Die toelaes bied landbou-ondersteuning aan begunstigdes van grondhervorming, restitusie en herverdeling sowel as ander swart boere in binnelandse en uitvoerproduksie wat grond deur private middele bekom het.

Ali Diteme, woordvoerder van die departement, het gesê die aansoeke het op 1 Junie geopen en sal op 30 Junie sluit.

“Die Ilima/Letsema-toekenning streef daarna om kwesbare Suid-Afrikaanse boerderygemeenskappe by te staan om ‘n toename in landbouproduksie te bewerkstellig. Dit sal boeregemeenskappe in staat stel om hul gesinne te voed en die surplus aan die mark te verkoop om sodoende huishoudelike inkomste te verhoog,” het Diteme gesê.

Hy het verduidelik dat boere ‘n versoekbrief moet indien saam met al die vereiste dokumente wat by enige van die vyf distrikskantore beskikbaar was.

“Geen laat, gefaksde, e-pos- of ongetekende aansoeke sal aanvaar word nie. Vir enige vrae wat duidelikheid soek, word boere versoek om Lilian Senosi by 082 559 6648 te skakel.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *