Die polisie ondersoek ’n dubbele moord nadat ’n Noord-Kaapse man sy 42-jarige vrou en 22-jarige stiefseun by hul huis in Britstown met ’n byl aangeval het.

Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het gesê die 44-jarige verdagte het ná die voorval op 2 Junie probeer selfmoord pleeg.

“Familielede het die man gered nadat hulle hom in die slaapkamer gevind het waar hy aan die dak gehang het. Die verdagte en albei slagoffers is hospitaal toe gehaas vir mediese behandeling,” het Kock gesê.

Hy het bygevoeg dat die vrou en stiefseun erge wonde aan hul koppe opgedoen het en ure later gesterf het.

“Die verdagte is tans steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal onder polisiebewaking.”

Kock het gesê die motief vir die aanval is in dié stadium onbekend.

“Die polisie versoek dat enigiemand met inligting asseblief speur-adjudant offisier Sam Davids kontak by 063 683 2044. Die ondersoek duur voort.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *