Beskuldigde in hof vir bedrog uit pensioenfonds

 Beskuldigde in hof vir bedrog uit pensioenfonds

Foto: Verskaf Gert Remer Van Rooyen

Gert Remer Van Rooyen (62) het Maandag, 09 Mei 2022 voor die Kimberley-landdroshof verskyn vir beweerde oortreding van die Pensioenfondswet 24 van 1956.

Die beskuldigde, wat ‘n direkteur van Defensor-sekuriteitsmaatskappy is, is gedagvaar om voor die hof te verskyn deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan.

Bewerings is dat die verdagte bydraes van werknemers se salaris afgetrek het ten bate van die Privaat Sekuriteit Sektor Voorsorgfonds (PSS-PF) en versuim het om die bydraes aan PSS-PF te oorhandig soos opdrag gegee.

“Defensor-sekuriteitsmaatskappy skuld dus PSS-PF ‘n bedrag van meer as R14 Miljoen, waarvan R11.1 miljoen verband hou met uitstaande bydraes en die balans verband hou met laat betalingsrente,” het Valke woordvoerder Kaptein Tebogo Thebe gesê.

Die beskuldigde het in die hof verskyn en sy saak is tot 22 Julie 2022 uitgestel.

Bernadine Hearn

Related post