Postmasburg SAPD versoek inligting met die identikit van liggaam

 Postmasburg SAPD versoek inligting met die identikit van liggaam

Op Vrydag 06 Mei 2022 om ongeveer 16:30 het die polisie ‘n klag vanaf Transnet Depo ontvang van ‘n manlike liggaam wat in een van die waens gevind is.

By hul aankoms het die polisie die liggaam van ‘n onbekende manlike persoon tussen die ouderdom van 40 en 50 gevind by die Postmasburg Transnet Depo binne ‘n wa.

“Volgens die bestuurder van die trein het die trein om 15:20 op 06 Mei 2022 vanaf Newcastle in Postmasburg aangekom en by verskeie treinstasies gestop voordat dit in Postmasburg aangekom het,” het die woordvoerder Adjudant-Offisier Nomvuyo Makoloi gesê.

Die trein het via Spruytsrus, Meyerton en Warrenton voor hul aankoms in Postmasburg gereis.

Enigiemand met inligting wat kan help om die oorledene te identifiseer en lig op die voorval te werp, kan die ondersoekbeampte, Adjudant-Offisier Diane Diphoko by 0768612253 of MYSAPS APP kontak.

Die oorledene het ‘n swart met wit katoenmasker, ‘n wit Elles-t-hemp, ligblou jeans met ‘n blou gordel, rooi Allstar-tekkies en kleurvolle sokkies gedra.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoeksaak aanhangig gemaak

Bernadine Hearn

Related post