Noord-Kaapse junior provinsiale kommessaris ingehuldig

 Noord-Kaapse junior provinsiale kommessaris ingehuldig

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die inhuldiging van die Noord-Kaap Junior Provinsiale Kommissaris is op Saterdag, 07 Mei 2022 op Upington gehou waar leerders van verskillende skole in vyf distrikte aan debatsessies vir die pos van Junior Provinsiale Kommissaris deelgeneem het.

Woordvoerder van die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Korporatiewe Dienste, Brigadier Gilroy Tait, het die doel van die dag uiteengesit en het klem gelê op die betrokkenheid van leerders by die bekamping van misdaad.

In sy sleuteltoespraak het die waarnemende adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, Brigadier Hennie Van Rensburg leerders aangemoedig om onderwys te omarm, en om deel te neem aan die bekamping van misdaad, om ‘n veilige omgewing te skep, meer spesifiek in skole en in die gemeenskappe.

Agtien leerders van die vyf distrikte het geleentheid gekry om te debatteer oor die onderwerp “Hoekom moet hulle die Junior Provinsiale Kommissaris word, hoe gaan hulle misdaad bekamp?”.

Leerders is beoordeel op grond van die kennis van die onderwerp en hul aanbiedingsvaardighede.

Die leerders het tydens hul aanbiedings hoë vlakke van briljantheid en insiggewende begrip getoon van wat dit van hulle verwag het.

Ongelukkig kon slegs een leerder vir die beste aanbieding genomineer word.

“Die 15 jarige, Dioka Dioka van Hoërskool Ba-Galotlhare in Heuningvlei in die John Taolo Gaetsewe-distrik het die pos van die Junior Provinsiale Kommissaris ingepalm,” het Tawana gesê.

Adjunk Junior Provinsiale Kommissarisse is ook ingehuldig en soos volg;

 DPC : Polisiëring – Danelle Jacobs, (vroulik) van Hoërskool Oosterhuizen in Kakamas in die ZFM-distrik;

DPC Crime Detection , Lusanda Selesho (vroulik), van Hoërskool William Pescodia in Kimberly in die Frances Baard-distrik;

DPC : Korporatiewe Dienste het na Lerato Mogadi Claudia Sebatane (vroulik) van die Mogomotsi Sekondêre skool in Warrenton in die Frances Baard-distrik gegaan.

Die waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Korporatiewe Dienste, Brigadier Gilroy Tait het sertifikate van deelname insluitend wisseltrofeë aan die Junior Provinsiale Kommissaris en haar Junior Adjunkte oorhandig.

Brigadier Joyce Ramaru het die woord van dank gelewer en leerders geloof vir hul deelname aan die Junior Provinsiale Kommissaris inhuldiging.

Bernadine Hearn

Related post