BLACK COFFEE BRING ‘N GRAMMY HUIS TOE

 BLACK COFFEE BRING ‘N GRAMMY HUIS TOE

Foto: Verskaf

Die 64ste Grammy-toekennings het op Sondag, 03 April 2022 in Las Vegas plaasgevind.

Tydens die welbekende glansgeleentheid het die Suid Afrikaanse platejoggie, Black Coffee sy héél eerste Grammy toekenning gewen en menigte Suid Afrikaners met ‘n knop in die keel gelaat.

“Hierdie is ‘n groot mylpaal vir Afrika, en dit is vir wie ek dit doen,” het die platejoggie, wie se regte naam Nathi Maphumulo is, na die geleentheid gesê.

Die aand was gevul met blinkertjie-belaaide rokke, ontwerpers- en snyerspakke, en Black Coffee het uitgestaan in ‘n spierwit pak met gedetailleerde goue knope.

Sy oudste seun, Esone – wie hy by sy eksvrou, Enhle Mbali het – het hom na die geleentheid en die verhoog vergesel.

Sy ontvangstoespraak het baie emosionele reaksie op Suid Afrikaanse sosiale media ontlok, en Twitter self het ontaard in ‘n meestersklas van motivering oor hoe enigeiemand sy/haar drome kan bereik.

Dit is Black Coffee se eerste Grammy-toekenning en ook die eerse nominasie wat Suid Afrika ontvang het in die dans/elektroniese musiekkategorie.

Marsilino LaPont van Morning Joy, het die opwindende nuus vroegoggend met luisteraars gedeel en heeldag swart koffie gedrink, as ‘n teken van respek vir die Grote.

Karabelo Moncho

Related post