Munisipale werker in hof oor gesteelde elektriese kabels

 Munisipale werker in hof oor gesteelde elektriese kabels

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat daar elektriese kabels verbrand word, om koperdraad te verkry in die Maraba-area naby Langverwag op Kakamas.”

Met die polisie se aankoms in die veld, het hulle swart rook opgemerk.

“Hulle het die rook nagevolg en twee persone waargeneem wat met ‘n vuur besig was om elektriese kabels te verbrand,” sê Kaptein CJ Prins.

Een van die mans het gevlug toe hy die voertuig sien nader kom, maar gelukkig is die ander persoon gevang.

“’n 34-Jarige man wat by die plaaslike munisipaliteit werksaam is, is daarna gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde elektriese kabels ter waarde van R 7000,” het Prins gesê.

Die verdagte het op 04 April 2022 in die Kakamas-landdroshof verskyn.

‘n 34-Jarige man wat vir die plaaslike munisipaliteit op Kakamas werk, het gister in die hof hier verskyn, op klagtes van gesteelde elektriese kabels.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kaptein CJ Prins het bevestig dat Luitenant-Kolonel Nico Maree en adjudant-offisier Johny Basson inligting ontvang het en ‘n intense ondersoek geloods het.

Bernadine Hearn

Related post