Nuwe Laerskool op Douglas open amptelik Donderdag

 Nuwe Laerskool op Douglas open amptelik Donderdag

https://allea.org/wp-content/uploads/2019/06/shutterstock_520698799small.jpg

‘n Splinternuwe laerskool sal Donderdag, 07 April 2022 op Douglas, in die Noord Kaap, deur Premier Dr. Zamani Saul, vergesel deur LUR Zolile Monakali, amptelik geopen word.

Die Laerskool Douglas word beskryf as ‘n moderne skool, wat toegerus is met ‘n wye reeks fasiliteite wat tot voordeel van die leerders en die gemeenskap sal wees.

Sommige van hierdie fasiliteite sluit ‘n Wetenskaplaboratorium, Rekenaarkamer, Mediakamer, Voedingskamer en ‘n Kombinasiehof in.

Die nuwe skool met die fasiliteite word lang alreeds lank voor gewag, en gemeenskaplede is in hul noppies om die Premier en die LUR op Douglas te verwelkom.

Bernadine Hearn

Related post