Dit sou blyk asof die weer op Hantam-munisipaliteit klop met die munisipaliteit se onlangse kennisgewing wat hulle uitgereik het wat die inwoners teen gure weersomstandighede waarsku wat vanaf Vrydag 26 Julie 2024 regdeur die naweek sal strek.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku teen koue fronte met storm-sterkte winde en reën neerslae. Hulle voorspel ook dat die moontlikheid van sneeuval groot is.
Die munisipaliteit pleid met die gemeenskap van Hantam om hul wonings teen die gure weersomstandighede beveilig en vra om veiligheidsmaatreels toe te pas indien hulle hul wonings verlaat of reis.
Old Mutual en Rooikruis het dit op saam gespan om die die gemeenskap van Calvinia met n totaal van 905 warm etes oor die loop van twee te borg.
Dit volg nadat die Hantam streek onlangse onvergeeflike weerstoestande ervaar het. Burgermeester Rdl Koos Alexander van Hantam Munisipaliteit en Mnr Leon Vermeulen Hoof: Rampbestuur vir Namakwa Distrik Munisipaliteit, het die donasie ontvang
