Die beskuldigde Cheredene Vlok was skuldig bevind en 10 jaar gevangenisstraf toegedien in die Carnarvon streekhof op 25 Julie 2024.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder sersant Molefi Shemane, het die saak ontvou nadat die Carnarvon-polisie ‘n noodoproep op 1 April 2023 ontvang het.
Die klagte het aangedui dat die vrou op Bonteheuwel in Carnarvon gesteek is.
“Met die spoedige reaksie en aankoms van die Polisiebeamptes op die toneel het hulle ‘n vrou met ‘n steekwond aan die bors aangetref. Hulle het die slagoffer as Katrina Susanna Moos geïdentifiseer,” het Shemane gesê.
Vlok was gearresteer vir moord.
Die hofverrigtinge het uitgeloop op ‘n skuldigbevinding, wat Vlok aanspreeklik gehou het vir die lewensverlies
