Die Khâi Ma Munisipaliteit het aan die einde van verlede jaar, met behulp van toelaes, ‘n heining om die rioolterrein opgerig soos per wetlike vereistes.

Dit is om die veiligheid van inwoners te verseker.

Dinsdagoggend, 21 Januarie 2025, het die munisipaliteit egter ontdek dat die hek gesteel is.

“Ons wil graag die publiek versoek om inligting aan ons te verskaf met betrekking tot die diefstal van die hek aangesien die munisipaliteit ‘n strafsaak sal open,” het die munisipaliteit gesê.

Dit is nie die eerste keer dat munisipale eiendomme vandaliseer en gesteel word nie.

Die munisipaliteit doen weer ‘n beroep op die gemeenskappe van Khâi-Ma om te help om die infrastruktuur te beskerm aangesien dit ‘n direkte impak op dienslewering het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content