Drie gearresteer op Springbok vir koper ter waarde van ongeveer R1 miljoen

 Drie gearresteer op Springbok vir koper ter waarde van ongeveer R1 miljoen

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Springbok SAPD sigbare polisiëringseenheid het ‘n klag van beweerde koperdiefstal by ‘n selfoontoring ontvang en hul vinnige reaksie het verseker dat drie manlike verdagtes in hegtenis geneem is.

Die SAPD-lede het Dinsdag, 21 Junie omstreeks 08:00 die verdagtes met die koper betrap en agter die vyf mans aan gejaag, maar daarin geslaag om drie in die veld naby die Springbok-hospitaal in hegtenis te neem.

“Ongeveer 86m koper is gesteel en die polisie het daarin geslaag om sowat 70m op die toneel te kry. Die SAPD-lede het ook beslag gelê op twee pangas, ‘n handsaag en ‘n skroewedraaier wat na bewering in die pleging van misdaad gebruik is,” het polisiewoordvoeder Luitenant-Kolonel Sergio Kock gesê.

Die verdagtes behoort binnekort in die

Die ondersoek duur voort.

Kock het gesê dat die waarnemende distriksbevelvoerder vir Namakwa, kol Schalk Andrews het die lede van die Springbok SAPD sigbare polisiëringseenheid geloof vir hul blitsvinnige reaksie en ook die gemeenskap bedank vir hul bystand in hierdie verband.

Bernadine Hearn

Related post