Die uitvoerende burgemeester van die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap het gister in ‘n skrywe aan die ANC se Noord-Kaapse sekretaris, Deshi Nxanga, sy terugstand bevestig.
Nxanga het ontvangs van die skrywe bekendgemaak en gesê dat Louw die besluit geneem het ingevolge die party se opsystaanreël.
Louw en sy vrou, tesame met twee ander verdagtes het verlede Vrydag in die Upington-landroshof verskyn op twee klagtes van bedrog.
Hulle is deur die Valke in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.
Volgens Nxanga sal Louw uit sy pos as uitvoerende burgemeester en die posisie van die adjunk distriksvoorsitter van die party terugstaan.