Drie mobiele klaskamers afgebrand op Jan Kempdorp

 Drie mobiele klaskamers afgebrand op Jan Kempdorp

Illustrasiefoto: iStock

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het hul ‘kommer en teleurstelling’ uitgespreek oor drie mobiele klaskamers wat op Dinsdag, 21 Junie, by die Laerskool Realeboga op Jan Kempdorp, afgebrand het.

’n Woordvoerder van die departement, Sydney Stander, het gister gesê dat dit is tans onduidelik is, wat to die brand gelei het, was aangesien dinge ‘normaal’ was toe die skool Maandag verdaag het.

“Die brand is opgemerk toe die skoolhoof Dinsdagoggend by die skool opgedaag het. Die aangeleentheid is by die plaaslike polisie aangemeld en ons hoop dat die gemeenskap die polisie sal help, om diegene wat verantwoordelik is vir die voorval aan te meld,” het Stander gesê.

“Die afbrand van skole is nie net jammer nie, maar dit is ook ‘n groot las op ons reeds gedrukte finansiële hulpbronne. Hierdie voorval beteken dat die departement toegewyde finansiële hulpbronne van belangrike programme of projekte moet herlei, om die drie mobiele klaskamers te herbou of te vervang. Dit sal op sy beurt ’n groot impak hê op ons vermoë om ons ander verpligtinge na te kom,” het Stander gesê.

Hy het gemeenskapslede aangemoedig om eienaarskap te neem van en hul plaaslike skole te beskerm.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post