Drie in hegtenis vir sakeroof op Phutanang

 Drie in hegtenis vir sakeroof op Phutanang

Twee gewapende mans het verlede week, op Phutanamg, in die Noord-Kaap ‘n buitelandse snoepwinkel-eienaar aangehou as kluisenaar en beroof
Die verdagters het 2 selfone asook n R3000 kontant gesteel.
Volgens die eienaar van die winkel was die polisie huiwerig om n saak te maak, vermoedelik omdat hy ‘n buitelander is.
‘n Saak van sakeroof was op 28 April 2022 gemaak sê die polisie se Sersant Timothy Sam.
“Die saak is intussen na die georganiseerde misdaadondersoekeenheid (trio-misdade) oorgeplaas, weens die aard van die saak.”
Drie verdagtes was in hegtenis geneem en het op 3 Mei in die Galeshewe-landdroshof verskyn.”
Die vardagtes sal in aanhouding bly tot hulle weer binnekort moet voorkom. Die polisie ondersoek steeds die saak.

Courtney Saal

Related post