Die Premier van die Noord Kaap, Dr. Zamani Saul, het saam met die LUR vir CoGHSTA, Bentley Vass, en die burgemeester van Phokwane Local Municipality, Willem Harmse, 31 voltooide huise aan begunstigdes oorhandig as deel van die Ganspan 71-behuisingsprojek.
Dit volg op die vroeëre oorhandiging van 40 huise in onlangse maande, wat beteken dat die projek nou amptelik voltooi is.
Volgens die provinsiale regering herstel die projek waardigheid en bied dit veilige skuiling aan kwalifiserende huishoudings in die gemeenskap.
Die Ganspan 71-projek vorm deel van die R1 miljard-behuisingsprogram wat in 2024 deur die Noord-Kaapse Provinsiale Regering van stapel gestuur is om die provinsie se behuisingsagterstand aan te spreek.





