Die LUR vir Gesondheid, Nontobeko Vilakazi, het vanoggend saam met inwoners van Rosedale in Upington aan ’n 4.5 km Gesonde Leefstyl-staptog deelgeneem om bewustheid oor gesondheid en welstand te bevorder.

Die inisiatief vorm deel van pogings om nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hipertensie en vetsug hok te slaan—kwessies wat steeds ’n groot impak op die provinsie het.

Volgens die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid is sulke programme noodsaaklik om gemeenskappe aan te moedig om hul gesondheid te prioritiseer.

Die departement beklemtoon dat voorkoming ’n sleutelrol speel in die bevordering van ’n gesonder provinsie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *