Primêre Skool Springbok vier die prestasie van ses van sy leerders wat tydens die afgelope naweek se Griekwaland-proewe uitgestaan het.

Sowat 200 seuns van regoor die Noord-Kaap het oor twee dae aan die proewe deelgeneem, waar die standaard van spel besonder hoog was en spelers hul beste moes lewer.

Altesaam agt seuns uit Namakwaland is in die O.12- en O.13-groepe opgeneem, waarvan ses van Primêre Skool Springbok afkomstig is.

Dit beklemtoon die skool se sterk sportontwikkeling en fokus op toegewyde oefening.

In die O.12-span is Matthew Saul, Xander Saal, Kyran Julie en Juandré Cloete ingesluit, terwyl Jean de Waal en Davin Hendriks die O.13-span gehaal het.

Die skool het ook erkenning gegee aan spelers wat nie die finale spanne gehaal het nie, en hul deursettingsvermoë en sportmanskap geloof.

Spesiale waardering is uitgespreek teenoor mnr. Gurshwin Shamboua, sportorganiseerder en afrigter, vir sy toewyding en kundige leiding.

Die gekose spelers neem later in Mei aan Bondedae in Kimberley en Sasolburg deel, waarna die finale spanne vir Cravenweek gekies sal word.

Primêre Skool Springbok wens hulle sterkte toe vir die volgende rondtes.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *