Die graad 9 Natuurwetenskap leerders van Hoërskool Aggeneys het op die 3de en 4de November 2022 die Gamsberg Laboratorium en Operasies vir ‘n opvoedkundige toer besoek.

Daar was altesaam 35 studente/leerders, wat in groepe verdeel was van 17 studente onderskeidelik in groep A en 18 studente in groep B.

Die doel van die toer was om op te voed, die leerders se kennis te verbreed en om die  studente se gedagtes oor verskeie wetenskaplike beroepe te laat prikkel.

Hulle was gehelp hoe om die regte vakkeuses vir graad 10 te maak, en hoe om die wetenskap meer ernstig op te neem, en hulle te wys hoe interessant en boeiend die wetenskap in die mynbedryf kan wees.

Mej Raman, ‘n Wiskunde, Natuurwetenskap, en Fisiese Wetenskap-onderwyser by Aggeneys Hoërskool, het gesê: “Ek wil hê ons leerders moet passievol en opgewonde raak oor wetenskap; hulle sal uiteindelik ons leiers van more kan wees, ons ingenieurs, ons dokters, en meer.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content