Op Vrydag 21 Oktober 2022 het Vedanta Zinc International tussen 18:00 en 06:00 ‘n deurnag by Hoërskool Aggeneys aangebied.

Dit was aangebied vir die hoërskool meisies, vanaf graad 8 tot 12 van die skool.

Die graad 12 leerders van die skool was nie so baie as gevolg van die feit dat hulle besig is met die eksamen.

Die rolspelers wat deel was van dit was oa: Black Mountain Complex, Suid Afrikaanse Polisiediens, Departement van Gesondheid, Thuthuzela-sorgsentrum en Gold Youth Education.

BMC het daarop om die jongmeisies te sensiteer om versigtig te wees tydens die feesseisoen, veral met die feeste wat op Aggeneys gaan plaasvind.

Hulle het advies en wenke gedeel waar die meisietjies kan gaan as hul opsoek is na hulp, wanneer hulle in moeilike situasies beland en om lokvalle te vermy op grootskaals.

Gold Youth Education het met die skoolmeisies gesels oor tienerswangerskap, en geestesgesondheid.

Ander sosiale kwessies onder bespreking was ook voorhuwelikse seks, statutêre verkragting en geslagsgebaseerder geweld.

Thuthuzela-sorgsentrum het van die onderwerpe in ‘n rollespel uitgebeeld en oplossings daarin uitgebeeld.

Een dame het haar getuienis gedeel van hoe belangrik dit is om uit te praat as jy afgedruk word met ander woorde geboelie word.

Die SAPD het op hulle beurt verduidlik waar daar hulp verkry kan word en wat hulle rol is.

Die meisietjies was van die begin van die program baie gemaklik en het deurendeels deel geneem aan die program van die aand.

Hulle het tydens die program hul bekommernisse gelug oor elke sosiale euwel wat onder bespreking gemaak was.

Die jongmeisietjies het die lig gedeel op hul perspektief van die stryd op hierdie punt van hul jong lewe wat hul in die gesig staar.

Die skool was ten volle betrokke om seker te maak dat die leerders die nag veilig by die skool kon aankom.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *