Hoërskool S.A. van Wyk het op 27 Julie verskeie universiteite en tersiêre instellings vir ‘n loopbaanuitstalling verwelkom om leerders met hul toekomstige studie- en loopbaankeuses te help.
Tydens die besoek het leerders waardevolle inligting ontvang oor studierigtings, toelatingsvereistes en beskikbare geleenthede ná skool.
Die skool het sy waardering uitgespreek teenoor die instellings wat tyd afgestaan het om met leerders te gesels, vrae te beantwoord en hulle aan te moedig om doelgerig vir hul toekoms te beplan.
Volgens die skool speel blootstelling aan tersiêre instellings ‘n belangrike rol om leerders toe te rus met die kennis wat nodig is om ingeligte loopbaanbesluite te neem.
Hoërskool S.A. van Wyk het beklemtoon dat sulke vennootskappe jongmense inspireer om hul potensiaal te verwesenlik en ‘n betekenisvolle bydrae tot Suid-Afrika se toekoms te lewer.







