Hoërskool S.A. van Wyk het verskeie gesogte toekennings tydens die Noord-Kaapse Departement van Basiese Onderwys se Well Done-toekenningsfunksie ontvang.

Die skool is aangewys as een van die Mees Diverse Skole en het die eerste plek in die Namakwa-distrik vir uitnemende prestasie in die Senior Sertifikaat-eksamen behaal.

Toekennings is ook ontvang vir uitstekende vakprestasies in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Geografie en Wiskundige Geletterdheid.

Verskeie opvoeders is vir hul uitsonderlike vakprestasies vereer. Mnr. G.M. Engelbrecht (Geografie), mnr. S.B. Thiart (Lewenswetenskappe), juffrou L.K. Rossouw (Afrikaans Huistaal) en juffrou A.C. Cloete (English First Additional Language) het elk die eerste plek in die Namakwa-distrik in hul onderskeie vakke behaal.

‘n Besonderse hoogtepunt was die erkenning van mnr. N. Carlson, wat as wenner van die National Teaching Awards in die Namakwa-distrik vir Fisiese Wetenskappe aangewys is.

Die toekenning erken sy toewyding aan gehalte-onderrig en sy bydrae tot akademiese uitnemendheid.

Die skool het sy waardering uitgespreek teenoor opvoeders, leerders, ouers, die beheerliggaam en die breër skoolgemeenskap vir hul ondersteuning en harde werk.

Volgens die bestuur is die prestasies ‘n bewys van spanwerk, toewyding en die skool se strewe om akademiese uitnemendheid as ‘n leefwyse te vestig.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *