Die Noord-Kaap en spesifiek die breër Namakwaland het vir jare geen stem en geen oor gehad wat na kwessies en probleme van die gemeenskap kon luister nie.

So meen baie van die luisteraars van Radio Nfm 98.1.

Gemeenskape van heinde en ver het daagliks gewens dat iemand iets kan doen aan hierdie saak.

“Die idee van ‘n stem vir die mense van Namakwaland het vroeg in 2000-2003 begin rondom ‘n ope tafel gesprek,’ vertel Brunhild Strauss, Radio Bestuurder van NFM98.1 .

 Strause vertel verder: ”Daar was ‘n komitee gekies nadat almal rondom die ope tafel ooreen gestem het en ‘n plan van aksie was uiteengesit deur alle rolspelers. Myself, Renault Blauw en Namakwa Distrik, Dewald Rooi wat ander rolspelers betrek het.”

Die aansoek om  ‘n tydelike uitsaai lisensie te bekom het begin en na vele uitgerekte proses was dit goedgekeur deur ICASA.

Dit was eers ‘n tydelike uitsaai lisensie van maand tot maand.

Na drie keer op die lug het die gemeenskap begin kla die radio maak hulle net gewoont en dan is dit weer van die lug af.

‘n Klein komitee is toe saamgestel  deur Strauss, Blaauw, Rooi en verskeie ander rolspelers.

 Dit is juis in hierdie oomblik waar Strauss getaak was om leiding te neem en het ‘n permanente aansoek by ICASA ingedien.

“Dit was nie ‘n maklike proses nie aangesien ICASA se uitsaai proses baie gekompliseerd is,” het Strauss laat blyk .

Hy  het ook genoem dat dit gekompliseerd genoeg was dat self ICASA ‘n werkswinkel aangebied het in die Noord-Kaap en ook seker gemaak het dat die aansoek inlyn was  met  ICASA se regulasies.

“Hulle (ICASA) het die dertien duk leêrs saamgevat na hulle hoofkantore en na nog ‘n wagperiode is die aansoek goed gekeur.

Nadat die regte proses en prosedures gevolg was het ons terugvoering ontvang en ‘n permanente lisensie was goedgekeur in 2003,” het Strauss bygevoeg.

Die drie manskappe en verskeie ander het sonder enige formele opleiding ingespring en dit was nie maklik nie weens die feit dat dit ‘n NGO in die vorm van ‘n gemeenskapsradio is. Befondsing  was en is steeds ‘n probleem om volhoubaar aan te gaan,” sê Strauss.

Hy het ook gesels rondom die personeel van Radio Nfm.

“Die span van 2003 was ‘n digte span, van hulle is al weg en van hulle is steeds hier. Die omroepers wat hier is het ‘n passie vir radio ontwikkel en dit het gemaak dat Nfm suksesvol kan uitsaai.”

In 2014 het min of meer 200 radiostasie in Suid-Afrika met Nfm meegeding en was ons as die beste gemeenskapsradiostasie aangewys. “Dit sou nie moontlik wees sonder die gemeenskap en personeel wat deur dik en dun by die radio en visie van ‘n paar mense gestaan en steeds staan.”

Die sukses resep van Radio Nfm is dat die gemeenskap altyd eerste gestel word en ook oorsien word deur ‘n span direkteure wat volgens die grondwet van Radio Nfm termyn vervang word.

Op die laaste vraag  oor wat sou Brunhild Strauss anders  wou doen by Radio Nfm het hy die volgende  geantwoord: “My wens is die verkryging van addisionele frekwensies vir ander distrikte soos Khai Ma en die Kamiesberge sodat die verspreiding van sein te laat finaliseer voordat ek die tuig afgee. Verandering is groot en dat die radio net verdere hoogtes sal bereik, befondsing verkry om personeel markverwante salaris te kan betaal inplaas van stipends. Verder is my grootste wens dat luisteraars altyd gelukkig sal wees met die produk wat ons oor die radio golwe uitsaai.”

Die gemeenskap van Namakwa se wens is toe vervul en daar was toe uiteindelik ‘n stem wat kan praat  en ‘n oor wat kan hoor na die gemeenskappe in die Namakwa-streek wat vermaak verskaf, geestelik opvoed en eie gebeure van eie aan mekaar in Namakwa. 

Denise von Sleight

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *