Die band tussen luisteraar en Radio Nfm het deur die jare net sterker geword  want die luisteraar het hul vertroue in Radio nfm geplaas om hulle te vermaak, op te voed, te bemagtig en te vermaak.

Nfm bied ook 24uur geselskap vir baie veebeheerbeamptes/, trokdrywers en selfs vir eensame bejaardes.

Daar is soveel ander redes om op te noem hoekom Nfm se luisteraar altyd dankbaarheid sal betoon teenoor hul radiostasie.

Intussen is Radio Nfm klokslag gereed om weer die pad aan te durf en nog dorpies te besoek vir hul verjaarsdag vieringe, wat steeds hoogty vier en wat tot einde November 2022 sal duur.

In die geledere van Namakwaland wanneer jou verjaardag datum die sekere dag is en jou ouderdom is dieselfde dan staan dit bekend as jou kroonverjaardag.

Diè jaar is haar kroon verjaardag wat volgroei het tot in ‘n pragtige tiener dogter, soos voorheen deur die speaker van die Namakwa Distrik Munisipaliteit Gillian Pieters genoem.

Die gemeenskappe in en om Namakwa het horde boodskappe van gelukwensing aan Radio Nfm gestuur en hul bedank vir haar puik diens.

Die dorpies in die streek wat besoek gaan word is, Onseepkans, Witbank, Pella, Pofadder en Aggeneys.

Die draadloos onderneem om die Khai- Ma Streek tesame met Vedanta Zinc International in die komende week te besoek.

Vedanta Zinc International het goeie nuus rakende die Khai-Ma gemeenskap gebreuk tydens ‘n Radio Nfm se business Brunch wat Vrydag, 18 November 2022, plaasgevind het.

 Radio Nfm gaan gebruik maak van hierdie geleentheid om die goeie nuus oor te dra aan die Khai Ma gemeenskap en hulle kan hul gereed maak om Radio Nfm te ontvang wat hulle sal bedien in die toekoms.

 Radio Nfm wil met soveel gemeenskappe tyd spandeer gedurende sy verjaardag maand om dankie te sê vir die getrouheid van ons luisteraar vir die afgelope 19 jaar wat hulle Radio Nfm ondersteun en getrou ingeskakel bly .

Denise Von Sleight

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *