Jongbendes saai onmin in gemeenskappe

 Jongbendes saai onmin in gemeenskappe

https://www.dreamstime.com/illustration/stop-crime.html

Radio Nfm het gister tydens ‘n telefoniese onderhoud op die lug verneem van die bekommerde Steinkopf-gemeenskap wat radeloosheid, frustreerdheid en hulpeloosheid ervaar.

Nfm nuus het alreeds in Junie oor hierdie aangeleentheid verslag gedoen. Jong seuns en kinders tree nou op as bendes in die gemeenskappe en terroriseer inwoners met pangas en messe helder oor dag.

Die gemeenskap het hulle gewend na Radio Nfm om te help in die verband om ten minste hul storie daar buite te kry.

Volgens die gemeenskap reageer die plaaslike polsiediens nie of baie min op die sake wat aanhangig gemaak word, en is dus ook nie sigbaar genoeg soos wat die gemeenskap verwag nie.

Gemeenskaplike rolspelers word gevra om met ‘n aksie plan na vore te kom, om die dorp en ander dorpe wat gebuk gaan onder die bendes, terug te neem.

Radio Nfm begin vandag om die dorpe te besoek om die gemeenskappe se pleidooie aan te hoor, en vertrou dat dit gehoor sal word en op die ore van die regte rolspelers sal val.

Daar word gehoop vir haalbare oplossings om die euwel in die plaaslike gemeenskappe aan te spreek.

Bernadine Hearn

Related post