Werkloosheid onder die jeug in Namakwa neem drasties toe

 Werkloosheid onder die jeug in Namakwa neem drasties toe

Foto : Verskaf – Facebook

Werkloosheid in Suid-Afrika neem drasties toe en baie jeugdiges staar daagliks die harde werklikheid in die gesig.

Daar is soveel behoeftes wat voorsien moet word, tog word daar nie voorsiening gemaak vir enige werksgeleenthede nie.

Die jeug is die toekoms van môre en sodoende moet hulle deurnis en insig kry oor wat regtig belangrik is.

‘n Groep jongmense was die afgelope week voor die plaaslike Munisipaliteit op Okiep om te pleit dat daar werksgeleenthede aan hulle verskaf moet word.

Mense het gesigsuitdrukkings van woede en ontsteldheid aan werkgewers van die Munisipaliteit gegee.

Die groep mense het ook die werkgewers in kennis gestel dat hulle nie die perseel gaan verlaat indien daar nie ‘n poging aangewend sal word om aan hulle werk te voorsien nie.

Hopelik sal daar spoedig werksgeleenthede geskep word sodat mense aan hulle lewenstyl drasties ‘n verandering kan maak.

Sunè Cloete

Related post