Alkohol misbruik al meer ‘n natuurlike verskynsel onder jeugdiges

 Alkohol misbruik al meer ‘n natuurlike verskynsel onder jeugdiges

Onlangs het dit opslae in die media gemaak van die 21 jongmense wat hul lewens verloor het in die Emyobeni-taverne.

Drankmisbruik het ‘n algemene verskynsel kom word veral jeugdiges.

Op ‘n baie jong ouderdom word jeugdiges bloot gestel aan die gebruik van alkohol. Dit kan familielid of vriende wees.

Dit lei soms daartoe dat die kind self wil eksperimenteer met die alkohol en nie lank daarna nie, word dit vir hulle noodsaaklik om alkohol te gebruik.

Dit laat hulle lewens in ‘n oogwink verander.

Groepsdruk is een van die elemente wat jeugdiges dryf na drank.

Die geval wat by die Emyobeni-taverne plaasgevind het, het Nfm nuus jeugdiges benader om hul opinies te kry oor drankmisbruik en so ook hul mening te deel oor die nagevolge van die gebruik van alkohol.

Patricia Louwden, ‘n 17 jarige dame vertel: ̎Ek voel net dat persone drank misbruik om van hul probleme te vergeet , om te ontsnap vir wat in die werklikheid gebeur.Dan is daar tieners wat drank misbruik as gevolg van groepsdruk en hul dan hul self bevind as ‘n PARTY ANIMAL.̎

Luke Koopman, ‘n 18 jarige jongman lig ook sy opinie oor drankmisbruik :” Ek verwag dat elke taverne-eienaar identiteitsdokumente moet navra. Ek voel ook dat ouer persone wat nightclubs/taverns besoek tog die regte ding moet doen en aanmeld as daar enige minderjariges in die nightclubs/taverns is. Ouers moet hul kinders inlig aan die feit dat drank lewens verwoes. Kinders is die toekoms van môre en dus moet hulle bewus wees van die euwel wat onder ons plaasvind .̎

Ten einde is die beste wat ouers kan doen is om hul kinders in te lig oor die gevare dat drank lewens verwoes en dus moet hulle gehoor gee aan wat op hulle kan wag.

Sunè Cloete

Related post