Die department van gesondheid het ‘n tweedaagse Women’s Wellness geleentheid in samewerking met Kangnas Windplaas vir vroue in die gesondheid sektor aangebied.
Die geleentheid het gister geëindig by die Namakwa Guest Farm buite Springbok.
Daar was psigo-sosiale dienste, siftings, papsmere, meditasie, masserings en fiksheidsessies aangebeid.
Rouche’t Daniels van Kangnas Windplaas het tydens haar toespraak laat hoor dat vroue vergeet om met hulself in kontak te kom.
Die doel van die samekoms was juis ook om vroue te herinner om altyd die beste weergawes van hulself te wees.
“Sonder vroue is daar geen nasie nie, en vroue dink met die hart,” het mnr Daniel Grootboom, hoof van die plaaslike gesondheidsdepartement gesê.
Vroue was opgewonde dat hulle kon deel uitmaak van die geleentheid en hulle hoop dat dit ‘n jaarlikse instelling sal wees.
Sr. Helen Bock, het gesê dat haar kollegas lief vir mekaar moet wees, mekaar moet dra en daar vir mekaar moet wees.
Bock het gesê sat sy dankbaar is teenoor die Liewe Vader en teenoor Kangnas vir die geleentheid.
“Ek is bly dat ek die event kan bywoon, en het dit vreeslik baie geniet. Mario Baadjies se arobiese klas het my goed gedoen, waarvan ek my bes probeer het om my ritme te behou. Dit was goed om met mense te kon wees, Kangnas was regtig fantasties en NFM het gesorg vir lekker vermaak met die xharaxha songs,” het Carmen Heynse van Port Nolloth op haar beurt laat hoor.
“Die feit dat ek hier kan wees met my kollegas beteken baie vir my, en jy werk jou so in jou tjops in, maar dis altyd goed omte hoor dat mens spesiaal is. Ons het die sessies nodig, aan Kangnas “WOW”, dit was goed om hier te wees,”het Margarette Kordom van Hondeklipbaai weer opgewonde vertel.
Kangnas Windplaas word intussen geloof vir inisiatiewe soos hierdie, om vroue te bemagtig.












