Vedanta Zinc International (VZI) is trots om een van sy grootste mylpale aan te kondig.
Die is die baanbrekerwerk vir die opknapping van die eerste gemeenskapsvaardigheidsentrum ooit in Pofadder, in die Khâi-Ma plaaslike munisipaliteit.
Die inisiatief word gelei deur VZI-bestuur in samewerking met die Khâi-Ma Munisipale raad.
Die verwagte Vaardigheidsentrum sal in die jaar 2024 open met ‘n verskeidenheid kern- en draagbare vaardighede om van te kies, in samewerking met Africa Skills.
Jongmense word aangemoedig om van hierdie geleenthede gebruik te maak.


