CAROLUSBERG – Danksy Kangnas Windplaas se gemeenskaps-ondersteuningsprojek by Laerskool Carolusberg, kan die skool nou spog met kwaliteit infrastruktuur en ‘n gesonde leeromgewing.

Die projek het alreeds in 2022 afgeskop, en kontrakteurs het belangrike instandhoudingswerk en infrastruktuuropgraderings gedoen, om gesondheid en veiligheid hoofsaaklik binne die skoolperseel te bevorder.

Die eerste fase van die projek het ‘n omvattende opknapping van die skoolgebou ingesluit, insluitend die verf van die perseel, die vervanging van fassiebord en die installering van diefwering vir die veiligheid en sekuriteit van die skoolgemeenskap.

Die tweede fase het gefokus op die uitbreiding van die skoolkombuis en die installering van ‘n watertenk en pype, om ‘n betroubare watertoevoer na die toilette te verseker, veral tydens wateronderbrekings.

Die ekonomiese ontwikkelingsbestuurder van Kangnas-windplaas, Rouche’t Daniëls, het gesê hulle het die geïdentifiseerde infrastruktuurbehoeftes by die skool aangespreek.

Die befondsing was dus in die rigting van erkenning van die rol wat die fisiese skoolomgewing in leerderopvoeding en -uitkomste speel, veral in die bevordering van beter onderrig en die vermindering van uitvalsyfers.

“Hierdie impakvolle inisiatief het gehelp om die skool te transformeer, en bied ‘n veilige hawe vir beide leerders en onderwysers met toevoegings soos ‘n groter, gemoderniseerde kombuis vir maaltydvoorbereiding,” het Daniëls bygevoeg.

Die skoolhoof, Meneer Xavier Diergaardt, het sy diepe dank uitgespreek teenoor Kangnas Windplaas.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat Kangnas Windplaas aan die skool gebied het, want nou kan ons die gehalte van onderrig en leer nog mèèr verbeter. Die skool is ook ‘n baie veiliger omgewing, en met die uitgebreide kombuis het die kinders nou ‘n veilige ruimte om hul kos te geniet. In die verlede het kinders in koue weerstoestande buite hul maaltye geëet. Boonop het die skool ‘n mooi nuwe voorkoms nadat dit so mooi geverf is,” het Diergaardt afgesluit.

Bron: Kangnas Wind Farm & Community, DFA News

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content