Kathu se misdaadvoorkomingsbeamptes het ‘n tweede manlike verdagte in hegtenis geneem in verband met ‘n moord en sakeroof wat Dinsdag (08/10/2024) omstreeks 13:30 in Kathu plaasgevind het.
Luitenant kolonel Sergio Kock, woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, het bevestig dat ‘n 31-jarige winkeleienaa tydens die rooftog aangeval is en noodlottige kop- en liggaamsbeserings opgedoen het.
Die tweede verdagte, ‘n 41-jarige man, is om 20:45 by ‘n woning in Siyathemba aangekeer, terwyl die eerste verdagte, ‘n 24-jarige man, ‘n uur ná die voorval by die Kathu-stortingsterrein in hegtenis geneem is.
Albei verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant generaal Koliswa Otola, het die vinnige optrede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beamptes, saam met gemeenskapslede en ander belanghebbendes, geprys vir hul rol in die vastrek van die twee vermeende aanvallers binne ure na die wrede aanval.
Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *