Katrina Esau is die enigste oorblywende spreker van die San-taal Nluu en was vereer met n letterkunde doktorsgraad deur die Universiteit Kaapstad, ter erkenning van haar lewenslange behoud vir diè taal.

Die universiteit het gesê dat Ouma Katrina, soos sy met liefde bekend staan, het dit haar lewenstaak gemaak om die taal te onderrig en die jeug op te voed oor ander unieke tradisies van die San-mense.

Sy het ‘n doktorsgraad in letterkunde (honoris causa) ontvang deur die Universiteit Kaapstad kanselier dr. Precious Moloi-Motsepe tydens Woensdagmiddag (29 Maart 2023) se gradeplegtigheid vir die geesteswetenskappe-fakulteit.
Volgens die Universiteit het “Ouma Katrina” by haar huis ‘n klein skooltjie begin op Upington in die Noord-Kaap om die opvoeding aan te bied.

Foto verskaf
Die Universiteit het ook laat hoor dat haar werk nie net die taal bewaar het nie, maar ook die praktyke en geskiedenis van n antieke kultuur en dat sy beplan het om opvoedkundige CD’s en DVD’s te produseer om die verspreiding van die taal te verbreed.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content