Die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, in die Noord-Kaap, Me Nomandla Bloem, vergesel deur die Provinsiale Kommissaris, Luitenant Generaal Koliswa Otola, Uitvoerende Burgemeester van Namakwa- Distrik, mnr. Mervin Cloete en die Speaker van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Mnr Rodney Kritzinger het die 2023 Easter Arrive Alive Padveiligheidsveldtog op 4 April 2023, van stapel gestuur.

Dit het plaas gevind op die N7-weegbrugpad te Springbok, voor die komende Paasvakansie.

Die Suid – Afrikaanse Polisiediens Kapelaan Marsha Baard het ‘n kragtige woord van God oorgedra dat wetstoepassingsbeamptes gedurende hierdie Paasvakansie en na dit lewendig, en nugter mag terug keer terwyl hulle hul pligte gedurende hierdie Paastyd uitvoer.

Die Uitvoerende Burgemeester, mnr Cloete het almal verwelkom terwyl die Speaker Mnr Kritzinger die bekendstelling van die gaste by die geleentheid gedoen het.

Die doel van die dag is gedoen deur die Departementshoof vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, mnr Rodney Pieterse wat gepraat het oor die gevare en voortdurende voorkoms van ernstige padongelukke op die N7-pad.

Hy het ook beklemtoon die ontsaglike belangrikheid van die padveiligheidsveldtog opgemerk het.

‘n Motiveringspraatjie is gedoen deur mnr. Brunhild Strauss, die Voorsitter van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in die Namakwa- distrik, wat ook ‘n slagoffer was van ‘n motorongeluk wat hom 29 jaar gelede verlam en rolstoelgebonde gelaat het.

Verskeie boodskappe van ondersteuning is ook oorgedra deur belanghebbendes soos mnr. Z Sontlaba van Youth in Transport, mev. Lina Simboyia, die adjunk-provinsiale voorsitter van SANTAGO en mev G. Beukes die Namakwa-distriksvoorsitter van die Gemeenskapspolisieraad.

“Die provinsiale kommissaris, luitenant generaal Koliswa Otola het herhaal dat ons ‘n toestroming van besoekers na ons provinsie sal ervaar, daarom sal die polisie en relevante belanghebbendes ten volle daarop uit wees om die veiligheid en sekuriteit van mense op en van die pad af te verseker gedurende en na hierdie Paasfees. Die SAPD sal ‘n nul-verdraagsaamheidsbenadering volg wanneer dit kom by drink en bestuur en drink in die openbaar en sal padblokkades en voertuigkontrolepunte op alle paaie wat in en uit die provinsie lei gedurende hierdie kritieke tydperk verskerp,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Die LUR vir diè departement, Me Nomandla Bloem, het tydens haar hoofrede vertel dat die veldtog gefokus is op die verskerping van verkeer op die paaie, die bevordering van goeie padgebruik sal aan die orde van die dag wees.

“Ons dank ons versterkings wat oral sal wees om die wet toe te pas op motoriste en voetgangers wat nalatige en gevaarlike gedrag op ons paaie uitbeeld. Ons is trots op die afname in sterftes op die Noord-Kaapse paaie, maar sal voortgaan om te fokus op padslagtings wat veroorsaak word deur spoed, onpadwaardige voertuie en bestuurders deur padblokkades, ewekansige voertuigkontrolepunte en blouligpatrollies te hê om padgebruikersveiligheid te verseker,” het me. Bloem gesê.

Die LUR het ook hoofroetes in die provinsie uitgelig wat berug is vir ongelukke en het herhaal dat almal moet saamwerk om Arrive Alive tydens hierdie Paasvakansie-veldtog en daarna.

Die department se Ministeriehoof, mnr. Vincent Diratsile het erkenning gegee aan al die belanghebbendes met die afsluiting van die program.

Ná die formele program het LUR Bloem en haar gevolg met motoriste by die weegbrug op die N7 gesels en ook promosie-items aan motoriste en passasiersbemarking uitgedeel.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *