By Black Mountain Complex (BMC) streef daarna om ‘n positiewe nalatenskap na te laat!
Al hul prosesse moet voldoen aan die beste praktyke in terme van volhoubaarheid en omgewingsrehabilitasie.
Die Aggeneys Laerskool leerders het die Gamsberg Kwekery op Donderdag, 27 Oktober 2022 besoek.
Die besoek het behels die opvoeding van die leerders oor biodiversiteit, veral in die myn se area, en die deel van inligting oor hoe hulle Groen Krygers kan word.
Neil MacDonald, Biodiversiteitsbeampte, het ‘n paar insigte gedeel saam met die leerders oor moontlike loopbaan keuses in die omgewing/biodiversiteit veld, watter vakke hulle sou benodig, en die kwalifikasies wat hulle in hierdie veld kon verkry.
Hy het hulle ook oor die bedreigde spesies ingelig – en stropery van bedreigde plante wat in die Khâi Ma en Namakwa-streek voorkom.
