Luisteraars het ‘n waardering vir hul gemeenskapsradiostasie

 Luisteraars het ‘n waardering vir hul gemeenskapsradiostasie

Foto: Verskaf @Ricardo Zebulon Simon

Johnny Farmer het Vrydag 25 Junie 2022, die SoupDrive ambassadeur, Zebulon Ricardo, vergesel waar hulle met die luisteraar op Okiep gekuier het.

Farmer het gesê dat die luisteraar ‘n waardering het vir die Radiostasie en die winter uitreikingsprojek wat Radio Nfm na die onderskeie gemeenskappe neem in die Namakwa-area.

Die projek word moontlik gemaak deur die besighede, departemente, nie-regeringsorganisasies en luisteraars wat hul hande diep in hul beursies gesteek het om produkte te kon aankoop om aan die sopkombuise te kon oorhandig.

By die kombuise is ‘n heerlike warm groente koppie sop voorberei, wat harte warm gemaak het en daarna het die geselsies begin vloei.

By die huis van Dennis Coetzee, beter bekend as “Ou D” het +/- 70 persone opgedaag vir die sop, wat bestaan het uit kinders, vrouens, mans en bejaardes.

Die sop was voorberei deur Coetzee se suster, wat 4 potte sop gemaak het en waarvan die sop nog te min was.

Farmer se algehele indruk was dat die mense die sop vreeslik geniet het en dat hy die waardering op hul gesigte kon waarneem.

Die sop was met vars brood bedien en nadat dit te kort gekom het, het “Ou D” uit sy sak uit nog brood aangekoop.

Farmer se observasie is dat die nood hoog is onder gemeenskappe.

Lief en leed is onder die luisteraars en omroepers gedeel.

Vir enige navrae, donasies of kontant bydraes kan u kontak maak met Radio Nfm by 027 744 1610.

Bernadine Hearn

Related post