Man in hegtenis vir die besit van dagga

 Man in hegtenis vir die besit van dagga

Foto: Verskaf @ Noord-Kaap SAPD

’n 39-jarige man is Woensdag, 20 Julie 2022 deur die polisie op Keimoes in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Die polisie het ‘n wenk oor dwelms by die perseel ontvang en hulle het dit opgevolg.

“Hulle het ‘n deursoeking by die genoemde woning gedoen en dwelms insluitend Tik, mandrax en dagga ter waarde van R3700 is in die huis gevind,” het polisiewoordvoerder sersant Omphile Masegela, gesê.

Die verdagte word aangehou en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die stasiebevelvoerder van Keimoes, Luitenant-Kolonel Samuel Mkontwana het die lede toegejuig vir hul goeie diens wat hulle gelewer het. 

Bernadine Hearn

Related post