Die Hopetown-distrikshof het onlangs ‘n tronkstraf van 3 jaar aan die 33-jarige Warren Vivian George opgelê ná die oortreding van die voorwaardes wat die hof teen hom uitgereik het in ‘n beskermingsbevel-dispuut teen sy 80-jarige ouma op Sondag, 10 Maart 2024.

Die Hof het gehoor dat die beskuldigde die voorwaardes oortree het wat die Hof in ‘n beskermingsbevel vir gesinsgeweld uiteengesit het wat deur die slagoffer aangemeld is.

“Die beskuldigde het op genoemde dag sy ouma wat in besit was van ‘n beskermingsbevel teen hom aangerand en beledig. Die Hof het die beskuldigde skuldig bevind soos aangekla en ‘n 3 jaar tronkstraf opgelê vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel en ook die beskuldigde onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Katlego Chabagae toegejuig omdat hy verseker het dat die bepalings van ‘n beskermingsbevel gerespekteer word en oortreders van bejaardesorgregte aan die hof gebring word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content