Die Verpleegpersoneel by Dr Harry Surtie Hospitaal in Upington, in die ZF Mgcawu Distrik en Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley, in die Frances Baard Distrik het hul Internasionale Verpleegstersdagvieringe gehou ter ere van die ruggraat van die mediese gemeenskap.
Die vieringe is gehou onder die tema “Our Nurses Our Future.”
Internasionale Verpleegstersdag word op die 12de Mei gevier wat die herdenking is van die stigter van hedendaagse verpleegkunde, Florence Nightingale, se verjaardag.
Dit is ‘n ode aan die grootste gesondheidsorgprofessie ter wêreld.















