Die Departement sal meer as 1200 lede van verskeie gemeenskappe regoor die provinsie aanstel om in gesondheidsbestuurstrukture te dien.

Hierdie lede sal 223 openbare gesondheidsfasiliteite verteenwoordig wat bestaan uit 130 primêre gesondheidsorgfasiliteite, 14 hospitale, 33 gemeenskapsgesondheidsorgsentrums en 46 satelliete in die Noord-Kaap.

Hierdie lede moet uit gemeenskapstrukture, georganiseerde sektore, NRO’s en Kerke kom en sal al ons diverse gemeenskappe verteenwoordig in die gebiede wat deur die gesondheidsinstellings bedien word.

Die Departement van Gesondheid raai gemeenskapslede aan om ‘n omvattende profiel en CV van hul genomineerdes in te dien en ‘n motiveringsbrief van 1 bladsy in te sluit wat die geskiktheid van die betrokke lid om op die struktuur te dien, bevorder.

Lede van die gemeenskap word versoek om alle benoemings óf aan die Departement van Gesondheidsdistrikskantore, óf direk aan hul plaaslike gesondheidsfasiliteite te pos óf per hand af te lewer.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content