Bly gesond hierdie winter.

 Bly gesond hierdie winter.

Met bitterkoue wintermaande wat voorlê word dit van Namakwalanders verwag om voorsorgmaatreëls te tref as dit kom by hul gesondheid.

Medici het alreeds kommer bekendgemaak met ‘n vyfde vlaag van COVID-19 infeksies, wat die land na verwagting vanaf Mei sal tref.

Om goeie weerstand teen griep en verkoue uit te oefen, kan die kanse op long ontsteking/pneumonia drasties verminder.

Hier volg ‘n paar wenke en hulpbronne wat jou sal help om te leer oor stappe wat jy kan neem om jouself en ander teen griep te beskerm, en te help om die verspreiding van die kieme te stop.

1.            Vermy altyd noue kontak met mense wat siek is of as jyself olik voel.

2.            Bly tuis wanneer jy siek is.

3.            Bedek jou mond en neus met ‘n sneesdoekie wanneer jy hoes of nies.

4.            Deur jou hande gereeld te was of te reinig, sal jou teen kieme beskerm.

5.            Vermy om aan jou oë, neus of mond te raak.

6.            Oefen ander goeie gesondheidsgewoontes uit.

7.            Maak skoon en ontsmet oppervlakke wat gereeld aangeraak word by die huis, werk of skool, veral wanneer iemand siek is.

8.            Kry baie slaap, wees fisies aktief, hanteer jou stres, drink baie vloeistowwe en eet voedsame kos.

Die enkele beste manier om die risiko van seisoenale griep en die potensieel ernstige komplikasies daarvan te verminder, is om elke jaar ingeënt te word, maar goeie gesondheidsgewoontes soos om mense wat siek is te vermy, jou hoes te bedek en jou hande gereeld te was, kan help met die verspreiding van kieme en voorkom asemhalingsiektes soos griep. Daar is ook griep-antivirale middels wat gebruik kan word om griep te behandel en te voorkom.

Azelle Engelbrecht

Related post