Biblioteke is in ekstase in Namakwa met nagenoeg 11 nuwe studente wat in Januarie 2024 sal indiens opleiding ontvang in plaaslike publieke Biblioteke.
Die studente verbonde aan plaaslike Munisipaliteite was vir 12 maande deel van die Department Plaaslike Ontwikkeling Opleiding Kamp in Upington.
Die ekstra hande sal help met die bevordering van ‘n leeskultuur in wyke, verhoging van aktiewe lidmaatskap, leerder navorings projekte vir silabus verwante take, formasie van boek klubs, boek sirkulasie bevorder, internet navigasie vir studente, aanlyn aansoeke vir voornemende studente en algemene Biblioteek administrasie.
Studente rapporteer op die 8ste Januarie 2024 aan Biblioteke soos aangedui tydens opleiding.
“Meer personeel speel ‘n kritiese rol in die kwaliteit Biblioteek dienste wat ons lewer, ons verwelkom almal met ope hande en sien uit om ons dienste aan die mense met passie en oorloof te bied” het Bertie Saal verbonde aan Namakwa Biblioteke, bemoeid met die bevordering van lees in Namakwa gesê.