’n Uitgepasserings parade vir 1 474 nuwe polisiekonstabels het gister in Kimberley plaasgevind.
Honderde familielede het die parade by 3SAI bygewoon, terwyl pres. Cyril Ramaphosa die hoofspreker was.
Hy is geflankeer deur Bheki Cele, minister van polisie, en die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), genl. Fannie Masemola.
Hierdie nuwe konstabels is deel van die 10 000 wat in 2023 gewerf is om by die Suid- Afrikaanse Polisiediens aan te sluit.
Hulle sal met onmiddellike effek regoor die land ontplooi word.



















