Die Namakwa Distriksdepartement van Gesondheid het Woensdag, 01 Julie 2026 ‘n gedenkdiens by die Martha Griffits Gemeenskapsgesondheidsentrum gehou ter ere van mev. Kim Grace Smith en mnr. Samuel Mzwakhemi.
Familielede, personeel, kollegas, gemeenskapsleiers en inwoners het die diens bygewoon om hulde te bring aan die twee se toewyding en diens aan die gemeenskap.
Die geleentheid is gekenmerk deur oomblikke van eerbied, dankbaarheid en herinnering aan hul bydrae tot gesondheidsorg in die Namakwa-distrik.
Sprekers het hul nalatenskap van deernis, professionaliteit en onwrikbare verbintenis tot gemeenskapsgesondheid geloof.
Die departement het gesê hul lewens en diens sal steeds as inspirasie dien vir gesondheidswerkers om met integriteit, menslikheid en hoop voort te gaan om gemeenskappe te dien.






