Die JF “Boeboe” Van Wyk Onkologiesentrum by die Dr. Van Niekerk-hospitaal in Springbok het op 1 Julie 2026 ‘n belangrike mylpaal bereik toe die sentrum sy eerste kankerpasiënte suksesvol behandel het.

Volgens Vedanta Zinc International het drie pasiënte op die openingsdag behandeling ontvang sonder enige tegniese probleme.

Die ingebruikneming van die sentrum bring gespesialiseerde onkologiedienste nader aan gemeenskappe in die Noord-Kaap en verminder die behoefte vir pasiënte om lang afstande vir behandeling af te lê.

Die sentrum het ook sy eerste ECHO (Extension for Community Healthcare Outcomes)-sessie aangebied.

Die platform, onder leiding van onkoloog dr. Osei Forfie, verbind gesondheidswerkers met spesialiste om plaaslike kapasiteit te versterk en die gehalte van kankersorg regoor die provinsie te verbeter.

Vedanta Zinc International sê die mylpaal weerspieël ‘n gedeelde verbintenis om toeganklike, waardige en gehalte kankersorg aan inwoners van die Noord-Kaap te bied.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *