Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Namakwa-distrik het ’n ernstige waarskuwing uitgereik oor die skerp toename in besigheidsroof, met Nababeep as ’n besonderse brandpunt.

Volgens die polisie word kleinwinkels, tuckshops en spaza-winkels toenemend geteiken, dikwels in die aand wanneer sake-eienaars die kwesbaarste is. “Hierdie voorvalle is ’n rooi vlag,” sê kaptein Ivan Magerman, hoof van korporatiewe kommunikasie van SAPD Namakwa. “Ons doen ’n dringende beroep op winkeleienaars om voorkomende maatreëls te tref en enige verdagte gedrag onmiddellik aan te meld.”

Die SAPD raai besigheidseienaars aan om vroeg te sluit, kontant op die perseel te beperk en veiligheidsmaatreëls soos hekke, beligting en kameras te gebruik. Samewerking met die gemeenskap en buurtwagstrukture word ook as ’n sleutelstrategie uitgelig.

Hoewel die polisie byvoeg dat hulle toegewyd is aan die ondersteuning van plaaslike ondernemings, lê die klem sterk op gemeenskapsamewerking. “’n Verenigde gemeenskap is ’n veiliger gemeenskap,” het Magerman gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *